Belangrike Dokumente
Aansoekvorms vir verskeie dienste

Wat is die Huiseienaarsvereniging?
‘n Huiseienaarsvereniging (HEV) is ‘n regsentiteit wie se lede al die eienaars van Bougainvilla Aftree-oord is. Eienaars word outomaties lid van die HEV wanneer ‘n eenheid oorgedra word in hul naam.
Die HEV vergader minstens een maal per jaar by die Algemene Jaarvergadering waar direkteure – die verkose verteenwoordigers van die eienaars – gekies word om die gemeenskaplike eiendom te bestuur en die funksies en pligte van die HEV uit te voer.

Wetlike aspekte
Die besonderhede met betrekking tot die wetlike aspekte van u aftree-oord is vervat in die Akte van Oprigting (AvO) wat by Ontvangs beskikbaar is en dokumente kan ook hier afgelaai word.
