Bemande 24 uur sekuriteit.
Dit is veilig en bekostigbaar.
‘n Moderne 24-uur sorgsentrum
Biblioteek, koffiewinkel en kiosk.
Bussie vir vervoer na inkopiesentrums.
Spreekkamer met besoeke deur geneeshere, oudioloë en mondhigiëniste.
... en nog vele meer.

Dit is veilig en bekostigbaar
Die Aftree-oord is baie gewild onder afgetredenes as gevolg van die geriewe en gesellige atmosfeer.
Die Aftree-oord se eerste okkupasie was in 2013 en het reeds verskeie kere die toekenning “Beste in Pretoria” ontvang.
Die oord het meer as 700 inwoners wat ‘n tuiste gevind het in ‘n veilige omgewing. Dis dié woonplek vir vyftigplussers, in Montana geleë, ‘n woongebied wat kan spog met matige winters en baie gewild is by pensioentrekkers.
Verskeie Fasiliteite
Die oord beskik oor ‘n gemeenskapsaal waar onder meer kerkdienste en toepaslike fiksheidsoefeninge aangebied word.
‘n Moderne 24-uur sorgsentrum. Tuisversorging kan gereël word. Daar is ook ‘n spreekkamer en oordsuster met besoeke deur geneeshere, oudioloë en mondhigiëniste.
24 uur Sekuriteit sorg vir deeglike toegangs- en veiligheidsmaatreëls wat gemoedsrus by inwoners verseker.
Hierbenewens is daar ‘n biblioteek, koffiewinkel en kiosk, moderne eetsaal waar oggend- en middagetes bedien word, wasgoeddiens en bussie vir vervoer na inkopiesentrums beskikbaar.
Daar word ruim voorsiening vir sosiale aktiwiteite gemaak en daar is vir elke eenheid ‘n posbus. ‘n DSTV-klub sorg dat lede ‘n baie goedkoper Multichoice-pakket met sportkanale kan geniet.


Deeltiteleenhede as ‘n belegging
Baie eienaars koop die deeltiteleenhede as ‘n belegging of om dit later self te gebruik. Die oord word bestuur deur ‘n ervare bestuursagent en die tuine word deur 'n tuindienste kontrakteur netjies gehou.
Die Huiseienaarsvereniging (NWM) word bestuur ingevolge die Maatskappywet (71 van 2008) en die bepalings van sy Akte van Oprigting/Memorandum of Incorporation). Kyk onder “Belangrike Dokumente” vir die inhoud van hierdie dokumente asook die skakels na ander tersaaklike wetgewing.


Oord se ligging
Die Oord is geleë in Montana, in die noorde van Pretoria, gerieflik naby die N1-Hoofweg en naby groot hospitale.
Dienste en ander inligting - Kliek + om meer te lees.
‘n Huiseienaarsvereniging (HEV) is ‘n regsentiteit wie se lede al die eienaars van Bougainvilla Aftreeoord is. Eienaars word outomaties lid van die HEV wanneer ‘n eenheid oorgedra word in hul naam. Die HEV vergader minstens een maal per jaar by die Algemene Jaarvergadering waar direkteure – die verkose verteenwoordigers van die eienaars – gekies word om die gemeenskaplike eiendom te bestuur en die funksies en pligte van die HEV uit te voer.
Die besonderhede met betrekking tot die wetlike aspekte van u aftree-oord is vervat in die Akte van Oprigting (AvO) wat by Ontvangs en op ons webwerf beskikbaar is.
Dit is onlangs uitgebrei na die sitkamer waar vyf rakke is en die saal met twee rakke.
Alle boeke wat tot dusver in die biblioteek opgeneem is, is skenkings wat van intrekkers ontvang is.
Daar is daagliks spesiale aanbiedinge beskikbaar.
Veral die cappuccino en rooitee saam met ‘n verskeidenheid koeksoorte is gewild by inwoners.
Bougainvilla se DSTV-groep is op die “Stay Essential” pakket. Die besluit oor watter pakket die oord neem en die bedrag betaalbaar word jaarliks in Maart deur die lede tydens die jaarvergadering geneem.
Die pakket en aansoekvorms met alle besonderhede is beskikbaar by die volgende e-pos adres:
Eredienste op Sondae
Bybelstudie
Speletjies soos kaartspel, rumicub & bingo
Liggamlike oefening onder leiding van ‘n opgeleide instrukteur
Markdae
Konserte
Algemene Jaarvergaderings
Inligtingsessies
Biblioteek vir allerlei nie-fiksie boeke oor godsdiens en bibliografie.
