Biblioteek

Die biblioteek funksioneer sedert 23 September 2013. 

Dit is onlangs uitgebrei na die sitkamer waar vyf rakke is en die saal met twee rakke.

Alle boeke wat tot dusver in die biblioteek opgeneem is, is skenkings wat van intrekkers ontvang is.

Die oorhoofse administrasie word deur Alet Lemmer behartig (besoek ook die biblioteek daagliks en maak stukkende boeke reg). Sy was voorheen in beheer van die biblioteek by Eldoraignepark Aftreeoord.

Daar is ‘n werkindeling vir agt ander vrywilligers wat elke dag sorg dat die teruggebringde boeke op hulle plekke teruggeplaas word.