Die Oord is geleë in Montana, in die noorde van Pretoria, gerieflik naby die N1-Hoofweg en naby groot hospitale.

Dit is veilig en bekostigbaar. Die Aftree-oord is baie gewild onder afgetredenes as gevolg van die geriewe en gesellige atmosfeer.

Die Aftree-oord is in sy sesde bestaansjaar en het reeds twee keer die toekenning “Beste in Pretoria” ontvang. Die oord het meer as 700 inwoners wat ‘n tuiste gevind het in ‘n veilige omgewing. Dis dié woonplek vir vyftigplussers, in Montana geleë, ‘n woongebied wat kan spog met matige winters en baie gewild is by pensioentrekkers. Die oord beskik oor ‘n moderne 24-uur sorgsentrum wat deur Unique Health bedryf word. Tuisversorging kan gereël word. Daar is ook ‘n mediese spreekkamer en oordsuster. GuardNet sorg vir deeglike toegangs- en veiligheidsmaatreëls wat gemoedsrus by inwoners verseker.

Image

Daar is 536 wooneenhede wat bestaan uit ‘n kombinasie van twee en drie slaapkamerhuise en een en twee slaapkamer woonstelle. Hierbenewens is ‘n goed toegeruste biblioteek, koffiewinkel en kiosk, wasgoeddiens en vervoer na inkopiesentrums beskikbaar. Daar word ruim voorsiening vir sosiale aktiwiteite gemaak. Baie eienaars koop die deeltiteleenhede as ‘n belegging of om dit later self te gebruik. Die oord word bestuur deur ‘n ervare bestuursagent (CSi) en die tuine word deur D&S Maintenance netjies gehou.

Image

Die oord beskik oor die volgende fasiliteite:

  • Mediese sentrum (kliniek 5x per week)
  • Haar- en skoonheidsalon
  • Biblioteek
  • Gemeenskapsaal waar onder meer weeklikste kerkdienste aangebied word
  • Oordbussie vervoer inwoners 3x per week na winkels
  • Wassery en vele meer